Tienertoneelfees

Die Klein Libertas Teater bied die 20ste Tienertoneelfees van 9 tot 14 Augustus 2027 aan.

Die fees vind weer by die Drostdy Teater (op die hoek van Alexander- en Birdstraat, Stellenbosch) plaas.

Bestaande of nuutgeskrewe Afrikaanse en Engelse tekste mag opgevoer word, maar slegs nuutgeskrewe Afrikaanse tekste kom vir ’n trofee in aanmerking. Die prysuitdeling vir die fees se topproduksies vind op 14 Augustus 2027 ná die laaste vertoning (omstreeks 21:15) plaas. Die beste produksie van die fees kry die geleentheid om by die 2028 Suidoosterfees op te tree.

Inskrywings open binnekort. Indien jy by die poslys vir verdere inligting wil aansluit, stuur asseblief ’n e-pos aan Marzanne Nagel by klt[at]kleinlibertasteater.co.za om jou naam te laat byvoeg.