Tienertoneelfees

Die Klein Libertasteater bied vanaf 11 tot 15 Augustus 2026 die 19de Tienertoneelfees aan.

Die fees word weer vanjaar in die Drostdy Teater (hoek van Alexander- en Birdstraat, Stellenbosch) aangebied. Kaartjies om na die vertonings te kyk sal by Webtickets beskikbaar wees en beloop R20 (volwassenes) en R10 (leerders, studente & pensionarisse) per vertoning.

Inskrywings het ongelukkig reeds op 28 Mei 2026 gesluit. Indien u nog ‘n produksie wil inskryf, kontak asb vir Marzanne Nagel by klt[at]kleinlibertasteater.co.za en ons sal kyk of daar nog ‘n slot beskikbaar is.

Bestaande of nuutgeskrewe Afrikaanse en Engelse tekste mag opgevoer word, maar slegs nuutgeskrewe Afrikaanse tekste kom in aanmerking vir ’n trofee-toekenning. Die prysuitdeling van die fees se bestes vind op 15 Augustus 2026 plaas na afloop van die laaste vertoning – rondom 21:15. Die beste produksie van die fees kry die geleentheid om by die 2027 Suidoosterfees op te tree.