Wat's aan

Interaktiewe Teater: “Oom Shakes Leer Skoonmaak”

2-11 Februarie 14 vertonings in die Stellenbosch area
16-26 Februarie 15 vertonings in die Drakenstein area
2-10 Maart 14 vertonings in die Breedevallei area
11-17 Maart 9 vertonings in die Langeberg area
13-21 April 13 vertonings in die Witzenberg area

—————————————————————————————————————

Eg Suid-Afrikaanse Kulturele Ervaring

Die KLT ontvang op 18 Februarie 2026 ‘n groep jong besoekers uit die Verenigde Koninkryk om hul ‘n Suid-Afrikaanse kulturele ervaring te gee. Met hul aankoms by die Voorgelegen Museum in Dorp Straat, Stellenbosch, word hul verwelkom met ‘n verskeidenheid vars vrugte, biltong en droëwors—daarna neem hul deel aan ’n interaktiewe Afrika-drom- en gumbootdanssessie, aangebied deur Mbongeni Mtshali. Die program word afgesluit met ’n insiggewende bekendstelling van tradisionele Khoisan-medisinale plante deur Danab Bradlox. Hy leer ook meer oor die Khoisan se kulturele betekenis en tradisionele gebruike.

—————————————————————————————————————

Tienertoneelfees 2026

Die jaarlikse Tienertoneelfees word aangebied vanaf 11 – 15 Augustus 2026 by die Drostdy Teater, Stellenbosch. Daar is nog enkele plekke beskikbaar.

Registreer hier: https://kleinlibertasteater.co.za/tienertoneelfees/