Op 18 Februarie 2026 het die KLT ’n eg Suid-Afrikaanse kulturele ervaring vir ’n groep jong besoekers uit die Verenigde Koninkryk aangebied by die Voorgelegen Museum in Dorp Straat. Met hul aankoms is hulle verwelkom met ’n verskeidenheid vars vrugte, biltong en droëwors—daarna het hulle deelgeneem aan ’n interaktiewe Afrika-drom- en gumbootdanssessie, aangebied deur Mbongeni Mtshali. Die program is afgesluit met ’n insiggewende bekendstelling van tradisionele Khoisan-medisinale plante deur Danab Bradlox. Hy het hulle ook meer geleer oor die Khoisan se kulturele betekenis en tradisionele gebruike.
