SEVEN!

CategoryKLT Events
Last Date 20 10 2018 20:00
Place Laerskool Eikestad Aktiwiteitsentrum
Telephone082 648 9621

Ons hou ‘n verjaarsdag-partytjie-show. Aangesien die Klein Libertas Teaterkoor vanjaar sewe jaar oud is, behels vanjaar se produksie ’n terugblik na sewe jaar se bestaan – inderdaad, lewendige VOORTbestaan ná die brand wat die Klein Libertas Teater vernietig het.

Oor die jare is daar twaalf suksesvolle volledige teaterproduksies op die planke gebring, én die koor is genooi om saam met verskeie bekende kunstenaars op te tree by die Solms-Delta Oesfees, sowel as ‘n optrede met Coenie de Villiers op die VIA TV reeks, “Klavierkuiers met Pedro”. Die koor het reeds ‘n paar maal by die US Woordfees opgetree. Daarby het die koor sedert stigting  meer as 130 liedere gememoriseerd met toneelspel opgevoer en ‘n Latynse Mis in vier tale uitgevoer. Die KLTK sings alles gememoriseerd  en tree op in kostuum, met klank en ligte, rekwisiete, orkeste en gaskunstenaars.

Vanuit dié indrukwekkende geskiedenis kom “SEVEN”. Dit is ‘n treffersparade van liedere wat die lekkerste en die beste uitgevoer was oor sewe jaar, liedere wat die meeste deur die gehore geniet is en wat die meeste pret verskaf het. Die konsert word soos ‘n informele huiskonsert aangebied met ‘n gaskunstenaar. Kostuums en rekwisiete wat gered is uit die brand is afgestof en herstel, gereed vir terug kyk na goeie herinneringe. Gehore sit by tafels en bring hul eie piekniekmandjies saam vir ‘n aand se lekker vermaak en heerlike kuier.

Kaartjies kan bespreek word by 082 648 9621 of by die deur betaal word.

Kaartjiepryse: R100 - volwassenes, R80 - pensionarisse, R50 - studente en skoliere

 

 
 

All Dates

  • from 18 10 2018 20:00 to 20 10 2018 20:00

List of Participants

 No Participant 

Powered by iCagenda

Events Calendar

JANUARY 2019
Mon Tue Wed Thu Fri Sat Sun
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31

Copyright © 2011. All Rights Reserved.